Die jongste Covid-19 syfers word bekend gemaak

Die jongste Covid-19 syfers is bekend gemaak.

11 215 nuwe gevalle van infeksies, en 183 sterftes is in die afgelope 24 uur aangemeld.

317 nuwe gevalle en 3 sterftes is in dieselfde tyd in die Vrystaat aangemeld.

Intussen word berig dat die toestand van Hans Britz, DA-raadslid van die Mangaung-metro, effens verbeter het.

Sy seun, Japie, het aan Netwerk 24 gesê dat sy pa, wat al 57 jaar by die metroraad in Bloemfontein betrokke is, steeds aan ‘n ventilator in die Life-Rosepark in die stad gekoppel is.

Britz is twee weke gelede weens Covid-19 in die hospitaal opgeneem.

Luister na potgooie hieronder