Die jongste Covid-19 syfers word bekend gemaak

Die jongste Covid-19-syfers toon 7 773 nuwe infeksies en 370 sterftes landwyd.

385 nuwe gevalle en 33 sterftes is in die Vrystaat gerapporteer.

Suid-Afrika se herstelkoers vir Covid-19 het gisteraand op 91,2% gestaan.

Terwyl 367 587 Vrystaters alreeds ingeënt is, doen dr. Nicholas Pearce, hoof van die Covid-19 sentrum in die Universitas hospitaal, opnuut ‘n beroep op die ouderdomsgroep 35 tot 49, om aan te meld vir inentings.

Luister na potgooie hieronder