Die jongste Covid-19 syfers word bekend gemaak

Die jongste Covid-19 syfers toon 8 988 nuwe gevalle van infeksies en 555 sterftes landwyd aan.

212 023 nuwe inentings is in die afgelope 24 uur toegedien.

In die Vrystaat is 387 nuwe Covid-19 gevalle en 10 sterftes gerapporteer.

Rosestad betreur ook die afsterwe van Hans Britz, DA-raadslid van die Mangaung-metro, wat gistermiddag na ‘n maand in die Rosepark-hospitaal aan Covid-19 verwante oorsake oorlede is.

Luister na potgooie hieronder