Die jongste Covid-19 syfers word bekendgemaak

Die jongste Covid-19 syfers toon ‘n beduidende afname in nuwe infeksiegevalle.

Oor die afgelope 24 uur is 5 683 nuwe infeksies en 243 sterftes aangeteken.

In die Vrystaat is 266 nuwe gevalle en 5 sterftes gerapporteer.

Intussen is kommer in Bloemfontein uitgespreek oor die klein hoeveelheid mense wat tans opdaag vir inentings teen Covid-19.

Dr. Nicholas Pearce, hoof van die Universitas-hospitaal se Covid-19 sentrum, sê hulle is gereed om tussen 1500 en 2000 mense per dag in te ent.

Hy het opnuut die 35- tot 49 jariges aangemoedig om aan te meld.

Luister na potgooie hieronder