Die jongste data van die Sentrale Energiefonds toon steeds dat brandstofpryse in die nuwe jaar kan verlaag.  Die fonds se data toon dat 95-oktaan loodvrye petrol in Januarie met een rand-94 sent gesny kan word en 93-oktaan petrol met een-rand-95 sent.  Dieselpryse kan selfs meer daal met twee-rand-78 sent per liter.  Die brandstofpryse word gewoonlik op die eerste Woensdag van ’n maand aangepas en word bepaal deur die prys van olie en die rand-dollar-wisselkoers.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×