Suid-Afrika is ‘n bloedbad – daar is géén ander manier om dit te beskryf nie.

Dít aldus Ian Cameron, direkteur van gemeenskapsveiligheid by Action Society.

Die minister van polisie, Bheki Cele, het vanoggend die misdaadstatistieke vir 1 Oktober 2022 tot 31 Desember 2023 in die parlement uitgereik.

Hiervolgens word daar nou ‘n gemiddeld van meer as 80 moorde per dag in die land gepleeg, en word daar ‘n gemiddeld van 135 verkragtings per dag by die polisie aangemeld.

Dit verteenwoordig ‘n totaal van 7 555 moorde binne die tydperk.

Alle kontakmisdade het gedurende die verslagperiode die hoogte ingeskiet.

Daar is 15 545 seksuele oortredings aangemeld.

Volgens Cameron is dit ‘n oorlog, en word vroue en kinders in Suid-Afrika daagliks aan lewensgevaar uitgelewer.

Cele en die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, sal die statistieke vanmiddag amptelik ten tyde van ‘n mediakonferensie by die parlement bekend maak.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×