Die FNB-ekonoom Paul Makube sê die onlangse repokoersverhoging sal ‘n ernstige impak op die landbousektor hê. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank (SARB) het gister die repokoers met 75 basispunte tot vyf-komma-vyf persent verhoog. Makube sê die verhoging kom voor die nuwe somerseisoen wat boere kan dwing om hul bedrywighede te verminder. Boere wat reeds finansieel sukkel kan dalk gedwing word om hul bedrywighede op te skort. Die Suid-Afrikaanse Federasie van Vakbonde (SAFTU) het ook sy kommer uitgespreek oor die impak wat die repokoersverhoging op boere sal hê. SAFTU se Trevor Shaku sê die afname in die aantal plase in Suid-Afrika is kommerwekkend.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×