Die Kaapstadse metro het ‘n beloning van 100-duisend rand aangebied vir enige persoon wat inligting kan verskaf wat kan lei tot die inhegtenisneming van mense wat betrokke is by aanvalle op polisielede. Twee konstabels, wat nie meer aan diens was nie, is onderweg na hulle huise in ‘n polisievoertuig in Ikwezi-park in ‘n skietery gewond. Die burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekerheid, JP Smith, sê daar is gerugte dat huurmoordenaars vir die aanval verantwoordelik is. Die Kaapstadse polisie het intussen ‘n 72-uur aksieplan in Khayelitsha in werking gestel in die soektog na die verdagtes.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×