Die Kaapstadse Metroraad het grondspanne ontplooi

Die Kaapstadse Metroraad het grondspanne ontplooi in gemeenskappe en op strande om toe te sien dat daar aan Covid 19 regulasies voldoen word.

JP Smith, die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid, sê dit is te midde van die tweede vlaag infeksies selfs belangriker om aan veiligheidsregulasies te voldoen sodat ‘n algehele inperking vermy kan word.

Daar was die afgelope week ‘n 87 persent toename in Covid 19-gevalle in Kaapstad.

Luister na potgooie hieronder