Die Kabinet se lekgotla het vanoggend in Pretoria begin

Werkskepping, ekonomiese herstel en die impak van die Covid-19 pandemie sal na verwagting besprekings oorheers by die Kabinet se lekgotla wat vanoggend in Pretoria begin het.

Mondli Gungubele, die Minister in die Presidensie, het voor die vergadering aan die media gesê voorleggings sal onder meer gedoen word oor die pandemie asook die uitrol van die inentingsveldtog.

Daar sal ook besprekings gehou word oor die vordering met die Ekonomiese Rekonstruksie- en Herstelplan wat
Ramaphosa in Oktober 2020 aan die land voorgelê het.

Volgens Gungubele trek sowat 700 000 mense, waarvan 60% jongmense is, reeds voordeel uit die plan.

Luister na potgooie hieronder