Minister van Justisie, Thembi Nkadimeng, wat onlangs by die VBS Mutual Bank-skandaal betrek is, is na die Departement Menslike Nedersettings oorgeplaas.

Central News berig President Cyril Ramaphosa het hierdie kabinetskommeling gisteraand, te midde van voortgesette ondersoeke na Nkadimeng se vorige optrede, aangekondig.

Die presidensie se verklaring het beklemtoon dat die President, volgens die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, uitvoerende gesag beklee en het hierdie gesag saam met ander kabinetslede uitoefen om grondwetlike en wetgewende mandate te vervul.

Ondanks toenemende druk het die ANC dit duidelik gemaak dat Nkadimeng nie opsy geskuif gaan word nie. Volgens die ANC-woordvoerder, moet die saak nog voor die kommissie voorkom en dat die uitkomste mettertyd gekommunikeer sal word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×