’n Bloemfonteinse hof het ’n 20-jarige man tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die verkragting en poging tot verkragting van twee bejaarde vroue. Anele Hlaba het in Maart vanjaar die huis van ‘n 85-jarige vrou in die Mafora-afdeling in Kagisanong in Bloemfontein binnegeval en probeer om haar te verkrag.
Haar gille het die bure laat reageer, wat Hlaba toe in hegtenis geneem het. Terwyl hy op borgtog was, het hy ‘n 65-jarige vrou in dieselfde straat verkrag – 15 dae ná die eerste voorval.