Die kantoor van die Openbare Beskermer, wat tot dusver die regskoste gedek het van Busisiwe Mkhwebane, die geskorste Openbare Beskermer,het aangedui dat hy nie verder haar regskoste gaan dra vir die parlementêre ondersoek oor haar ampsbevoegdheid nie. Mkhwebane het intussen by die parlement aangeklop om haar te help om geld te bekom om haar regsverteenwoordigers te betaal. Haar regspan het dié week aangekondig dat hulle haar nie meer kan verteenwoordig in die ondersoek na haar geskiktheid vir die pos nie. Mkhwebane sê daar kan nie van haar verwag word om vir haarself te betaal nie. Dali Mpofu- Mkhwebane se prokureur- beskryf die besluit oor die opskorting van haar befondsing egter as ‘n veldtog om haar te viktimiseer.
