Die Keniaanse polisie het gister die liggame van 47 mense naby die kusdorpie Malindi opgegrawe.

Dít terwyl dié Oos-Afrika-land se polisiediens ‘n ondersoek gelas het na ‘n kerkleier wat na bewering sy volgelinge aangesê het om ‘n hongerdood te sterf.

Die lyke is in vlak grafte in Kenia se Shakahola-woud begrawe.

Die polisie kon daarin slaag om mense wie reeds erg verhonger was, te red.

Reddingswerkers is steeds op die toneel en daar word verwag dat die dodetal nog kan styg.

Die verdagte wag nou agter tralies vir sy eerste verskyning in die hof.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×