Die Paasnaweek was ‘n bynes van bedrywighede vir politici wat kerkdienste regoor Suid-Afrika bygewoon het. The Star berig terwyl pres Cyril Ramaphosa en die EFF-leier, Julius Malema ‘n draai by die Zioniste se saamtrek in Moria, Limpopo gemaak het, het Bosa se leier, Mmusi Maimane die Grace Bybel kerk in Soweto besoek.
Talle Suid-Afrikaners meen egter die besoeke aan kerke was bloot om stemme te werf. Ramaphosa het egter daarop aangedring dat hy die saamtrek in sy persoonlike hoedanigheid besoek het. Die ANC se sektretaris-generaal, Fikile Mbalula, wat ‘n kerkdiens in KwaZulu-Natal bygewoon het, het R200 000 aan die gemeente geskenk. Oudpres Jacob Zuma het ‘n kerkdiens in Nkandla bygewoon.