As deel van sy poging om inklusiwiteit te bevorder, het die kinderspeelgoedvervaardiger Mattel, ‘n Barbie-pop met skoliose bekend gestel.

Netwerk24 berig die vervaardiger het in ‘n verklaring gesê die pop wat Chelsea heet, is met die hulp van ‘n spesialis ontwikkel.

Sy dra ‘n spesiale verwyderbare stut en laat die soeklig op mense val wat met dié laterale kromming van die ruggraat gebore word.

Mattel het gesê hy glo in die krag van verteenwoordiging en is daartoe verbind om poppe met verskillende voorkomste te skep sodat kinders hulself in Barbie kan sien.

Van hierdie verteenwoordigende poppe sluit ‘n pop in ‘n rolstoel en een met ‘n kunsbeen in.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×