Die presidentiële klimaatkommissie, of PKK, het die langverwagte bygewerkte Geintegreerde Hulpbronplan van 2023, of IRP 2023, verwelkom as ‘n plan vir volhoubaarheid tot 2050. Die IRP 2023 bestaan slegs uit planne vir die kragnetwerk tot 2030 waarin steenkoolkrag steeds ‘n groot rol sal speel. Dit ondanks ‘n onderneming van die regering om meer in groenkrag te belê. Die PKK is deur pres Cyril Ramaphosa gestig om ‘n bilike energieoordrag in Suid-Afrika na hernubare en volhoubare krag te bewerkstellig. Netwerk 24 berig die IRP 2023 is Vrydag deur die minister van energie, Gwede Mantashe in die staatskoerant gepubliseer. Die IRP 2030 sit wel stappe uiteen vir ‘n toename in groenkrag-projekte, maar stel dit onomwonde dat dit nie genoeg sal wees om die kragkrisis te takel nie. Die IRP 2023 beplan steeds om die bestaande vloot besoedelende en verouderde steenkool-kragstasies vir langer as waarvoor hulle ontwerp is, aan die gang te hou en nie met groenkragaanlegte te vervang nie. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×