Eenheid nommer een van die Koeberg-kernkragstasie by Melkbosstrand in die Wes-Kaap, sal teen 3 November weer krag aan die nasionale kragnetwerk kan voorsien.
Volgens Keith Featherstone, hoof van kernkrag by Eskom, sal eenheid 2 op 7 November afgeskakel word vir instandhoudingswerk.
Hierdie stappe word gedoen om Koeberg se bedryfsleeftyd met nog 20 jaar te verleng.
Eskom jaag teen tyd om die nodige aanpassings te doen, voordat eenheid 1 se bedryfslisensie op 21 Julie 2024 verstryk.
Eenheid 2 se bedryfslisensie verstryk in November 2025. Koeberg is die enigste kernkragstasie in Afrika.