Die koerant-legende, Mike van Rooyen, ‘n eertydse hoofverslaggewer, en ook nuusredakteur van Volksblad, is in die ouderdom van 73 aan kanker oorlede. Van Rooyen het, ná bykans 40 jaar se diens by Volksblad uitgetree, maar het egter nooit die tuig – of sy pen – neergelê nie.

Netwerk24 berig dat Van Rooyen sedert uittrede in 2015, steeds as vryskut-joernalis, spesialishofverslaggewing vir Netwerk24 en Volksblad gedoen het. Volksblad se redakteur, Dirk Kok, sê die Volksblad-familie is veel armer sonder Mike, maar dat hy in hart en gedagte voort sal leef.

 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×