Die komediant en rolprentmaker, Leon Schuster, se ma is Sondagaand in Bloemfontein oorlede. Jessica Schuster, gebore Grimbeek, het op 28 Februarie vanjaar haar 100ste verjaarsdag in die Westerbloem-aftreeoord in die Rosestad gevier. Netwerk24 berig Schuster se broer, Johann Schuster, ‘n sakeman van Bloemfontein het gesê hulle ma is in haar woonstel aan ouderdom en orgaanversaking dood. Benewens haar twee seuns en haar skoondogter, word sy deur ses kleinkinders en agt agterkleinkinders oorleef. ‘n Private dankseggingsdiens sal Dinsdag by die aftreeoord gehou word vir mense wat na aan haar was, asook diegene wat haar versorg het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×