Die kommissaris van die DKD het Zuma se vrylating goedgekeur

Arthur Fraser, kommissaris van die departement van korrektiewe dienste, oftewel DKD, het gisteraand bevestig dat die adviesraad vir mediese parool ‘n aansoek om mediese parool vir oudpresident Jacob Zuma afgekeur het.

Die raad was van mening dat die oudstaatshoof in ‘n stabiele toestand was.

Fraser het, volgens Netwerk 24, ook erken dat hy self goedkeuring gegee het vir Zuma se vrylating.

Hy hou vol dat die proses wat gevolg is, wettig was.

Zuma is volgens hom gehospitaliseer, omdat hy nie die nodige mediese behandeling in die Estcourt-gevangenis sou kon ontvang nie.

Intussen het die DA, asook AfriForum aangedui dat hulle regstappe teen die Zuma se mediese parool oorweeg.

Luister na potgooie hieronder