Die Kommissie vir Geslagsgelykheid het kommer uitgespreek oor toenemende voorvalle
van geweld en mishandeling teen bejaardes deur hul familielede.
Dit kom nadat ‘n 19-jarige Woensdag in hegtenis geneem is, na aanleiding van ‘n video wat
hierdie week op sosiale media gegaan het, wat wys hoe hy sy ouma aanrand.
Die kommissie sê hy sal vordering met die saak monitor en het belowe om ‘n ondersoek na
die mishandeling van bejaardes regoor die land te begin.
Intussen het die Departement van Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede psigososiale
ondersteuning aangebied vir die familie van die vrou.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×