Die kommissie van ondersoek na staatskaping hervat vanmiddag om vieruur sy werksaamhede

Die kommissie van ondersoek na staatskaping hervat vanmiddag sy werksaamhede.
Die kommissie sal die getuienis van ‘n voormalige projekbestuurder by die Kusile-kragstasie, Abram Mashego aanhoor.
Die kragstasie is na Medupi die mees gevorderde steenkoolaangedrewe kragopwekker van Eskom.
Vertragings en foute kom egter deurlopend by Medupi en Kusile voor wat kragtekorte tot gevolg het.

Luister na potgooie hieronder