Die kommissie van ondersoek na Staatskaping in Johannesburg sal vandag die getuienis aanhoor van twee reisagente wat vir Travel Excellence gewerk het

Die kommissie van ondersoek na Staatskaping in Johannesburg sal vandag die getuienis aanhoor van twee reisagente wat vir Travel Excellence gewerk het.

Luidens berigte is dié reisagentskap gereeld deur die Gupta’s en hul medewerkers gebruik vir buitelandse sakereisreëlings.

Tussen 2015 en 2016 het Travel Excellence na bewering meer as 100-duisend rand ontvang van die Gupta-vennoot, Salim Essa, om reis- en verblyf te bespreek vir die voormalige Eskom-bestuurshoof, Matshela Koko, en sy familie.

Inligting wys daarop dat die reise glo na Indonesië en Dubai was.

Intussen het Koko dit ontken.

Na bewering het Travel Excellence ook reise vir die voormalige finansiële hoof van Eskom, Anoj Singh, en sy vriendin bespreek.

Dié agente het ook besprekings gemaak vir die voormalige minister van Minerale Hulpbronne, Mosebenzi Zwane wat ook by staatskaping betrek word.

Luister na potgooie hieronder