Die kommissie van ondersoek na staatskaping sal vandag die getuienis van twee anonieme persone aanhoor

Die kommissie van ondersoek na staatskaping in Johannesburg sal vandag die getuienis van twee anonieme persone aanhoor.

Luidens berigte hou dit verband met die Staatsveiligheidsagentskap.

Gisteraand het die voormalige minister van Staatsveiligheid, David Mahlobo ontken dat hy persoonlik betrokke was by
veiligheidsoperasies en dat hy geld ontvang het om aan die vorige president, Jacob Zuma, te gee.

In sy getuienis het hy verder aan die kommissie gesê dat die Staatsveiligheidsagentskap uiters verpolitiseerd is, en die kommissie nie in dié strik moet trap nie.

Intussen sal die voormalige ministersvrou, Noma Gigaba, weer voor die Zondo-kommissie getuig oor gebeure met die Guptas.

Luister na potgooie hieronder