Die Konstitusionele Hof in Johannesburg het uitspraak voorbehou in die saak teen oudpresident Jacob Zuma

Die Konstitusionele Hof in Johannesburg het uitspraak voorbehou in die saak teen oudpresident Jacob Zuma.

Die staatskampingskommissie vra dié hof vir ‘n bevel om Zuma vir twee jaar tronk toe te stuur weens minagting van die hof.

Die kommissie het die aansoek gebring nadat Zuma ‘n bevel van die Konstitusionele Hof verontagsaam het, waarin hy beveel is om voor die kommissie te gaan getuig.

Advokaat Tembeka Ngcukaitobi het namens die kommissie in sy betoog gesê die hof moet beslissend optree in die saak.

Luister na potgooie hieronder