Die Konstitusionele Hof sal vanoggend uitspraak lewer of oudpresident Jacob Zuma voor die Zondo-kommissie gedwing gaan word

 Die Konstitusionele Hof sal vanoggend uitspraak lewer of oudpresident Jacob Zuma voor die Zondo-kommissie gedwing gaan word

Die Konstitusionele Hof sal na verwagting vanoggend uitspraak lewer in ‘n aansoek om oudpresident Jacob Zuma te dwing om voor die kommissie van ondersoek na staatskaping te verskyn.

Die aansoek is verlede maand deur die kommissie ingedien. Zuma sou na verwagting vroeër vandeesmaand en aanstaande maand voor die kommissie verskyn.

Daar is tans meer as 30 getuies wat hom by ongerymdhede betrek.

Die vorige keer wat Zuma voor dié kommissie verskyn het, het hy sonder die toestemming uit die kommissie gestap nadat sy aansoek dat Zondo hom aan die kommissie se verrigtinge moet onttrek, van die hand gewys is.

LeandreAdmin@