Die Wet op die Administratiewe Beregtiging van Padverkeers-oortredings, of Aarto, ís grondwetlik.

Netwerk24 berig hoofregter Raymond Zondo het dit vanoggend in ‘n eenparige uitspraak in die konstitusionele hof bevind.

Die Aarto-wet, sluit onder meer ’n strafpuntstelsel vir verkeersoortredings in.

Die konstitusionele hof weier om ’n vroeëre uitspraak van die hooggeregshof te bekragtig dat Aarto ongeldig is.

Die Organisasie teen Belastingmisbruik, of Outa, het aangevoer die wetgewing maak inbreuk op die uitvoerende en wetgewende bevoegdheid van plaaslike en provinsiale regerings om hul eie sake te reguleer.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×