Die Konstitusionele Hof het oudpresident Jacob Zuma se MK-party se dringende aansoek om Vrydag se eerste sitting van die Nasionale Vergadering te stop, van die hand gewys. Die hof sê in sy uitspraak die party het versuim om te bewys waarom die aansoek nie vroeër ingedien is nie.
Die party kon ook nie bewys dat dit onherstelbare skade sou lei as die aansoek nie dringend aangehoor word en die interdik teen die vergadering ingestel word nie. Geen kostebevel is gemaak nie.
Die sitting sal dus Vrydagoggend voortgaan.