Die Konstitusionelehof lewer na verwagting vandag uitspraak oor die wettigheid van oudpresident Jacob Zuma om as lid van die parlement verkiesbaar te staan. Die Verkiesingskommissie het verlede maand ‘n dringende aansoek ingedien teen die besluit van die Verkiesingshof oor Zuma se geskiktheid as MK-party-kandidaat.

Die OVK voer aan dat sy vonnis van 12 maande tronkstraf, die oudpresident kragtens die Grondwet, as kandidaat diskwalifiseer. Die verkiesingshof sê hy stem nie hiermee saam nie, aangesien Zuma nie teen die vonnis kon appelleer nie.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×