As gevolg van die impak wat die beplande Hillside View-ontwikkeling vir Koppieskraal by Bloemfontein kan inhou, sê die Koppieskraal Landbouvereniging hy is nou genoodsaak om dringende aksie te neem om dié ontwikkeling te stuit. Daar word beplan om bykans drie-duisend huise op 300 hektaar grond te bou. So sê Leon Richter, voorsitter van die Koppieskraal Landbouvereniging. Volgens hom sal hierdie ontwikkeling, wat aan die Universiteit van die Vrystaat se proefplaas grens, minstens twee-duisend-twee-honderd HOP-huise sien opskiet. Met soveel ekstra mense in die gebied is Richter veral bekommerd oor die rioleringsituasie, aangesien daar soos dit is glo reeds groot probleme met riolering in hierdie gebied is. Belanghebbendes wat ‘n petisie wil onderteken om die ontwikkeling te probeer keer, word genooi om eerskomende Dinsdagaand om ses-uur ‘n vergadering by die proefplaas by te woon.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×