Die koronavirus eis ‘n vegter teen beslaglegging op plase in die Vrystaat

Coenie Fourie, ‘n bekende Bultfonteinse boer wat geveg het om boere teen beslagleggings te beskerm, is op 62 in die Mediclinic Bloemfontein aan Covid-19 verwante oorsake oorlede.

Fourie was in 2018 een van die stigters van die Bultfontein Bewusmakingskomitee, nadat talle Vrystaatse boere weens die langdurige droogte, bankrotskap in die gesig gestaar het.

Volgens Netwerk 24 het Fourie, sy vrou Erika, sowel as hulle twee seuns en skoondogters onlangs Covid-19 opgedoen.

Finale begrafnisreëlings sal getref word, sodra Erika uit die hospitaal ontslaan word.

Luister na potgooie hieronder