Die kortlys vir ‘n nuwe Mangaung-metro burgemeester word vandeesweek bespreek

Die verkiesing van ‘n nuwe Mangaung-metro burgemeester word vandeesweek op die spits gedryf, wanneer die kortlys in Bloemfontein bespreek sal word.

Thembeni Nxangisa, Vrystaatse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, wou nog nie bekend maak wie se name op die lys verskyn nie.

Netwerk 24 berig intussen dat Thabo Manyoni, voormalige uitvoerende burgemeester van die metro, daarin belangstel om weer die pos te vul.

Manyoni is tans voorsitter van die Munisipale Afbakeningsraad.

Die burgemeesterspos is vakant sedert die omstrede Olly Mlamleni verlede jaar weens ‘n geslaagde wantrouemosie deur die VF Plus, uit haar pos verwyder is.

Luister na potgooie hieronder