Suid-Afrikaners moet dieper in hul sakke delf om dieselfde noodsaaklike huishoudelike items by die winkel te bekostig. Dit is volgens die Pietermaritzburg Economic Justice and Dignity Group se Februarie 2024 huishoudelike bekostigbaarheidsindeks.
Die gemiddelde koste van die huishoudelike kosmandjie is nou vyfduisend-277 rand-30 sent. Dit verteenwoordig ‘n jaarlikse verhoging van 348 rand-96 sent vergeleke met Februarie verlede jaar. Die groep sê dat 2024 waarskynlik nog ‘n moeilike jaar vir gesinne sal wees.