Die koste van staatsdiens-amptenare wat geskors en steeds salaris ontvang, het in die 2021/22 boekjaar R25 miljoen beloop.

Die Staatsdienskommissie (SDK) het gesê hulle is bekommerd oor die aantal amptenare se sake wat sloer.

In een geval is ‘n staatsamptenaar al byna drie-jaar geskors en trek steeds ‘n salaris, het Anele Gxoyiya, kommissaris van die SDK gesê.

Die amptenaar is een van 54 van die departement Korrektiewe Dienste.

‘n Amptenaar van die department monitering, evaluering en beplanning is vir 590 dae geskors terwyl die beampte ‘n salaris van R2,4 miljoen getrek het.

Teen einde verlede jaar moes 177 voorverhoor-ondersoeke nog afgehandel word.

Die polisie het die meeste gevalle met 57 amptanare.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×