Suid-Afrika se kragkrisis is gebore uit korrupsie, wanbestuur en ondeurdagte beleid. Die krisis het nou ‘n punt bereik dat indien daar nie ingryping kom nie, dit die ekonomie onherstelbare skade sal berokken, het die DA se resverteenwoordiger, adv. Anton Katz SC, gister aan ‘n volbank regters in die hooggeregshof in Pretoria gesê. Die DA het die hof genader om die kragkrisis en die voortslepende beurtkrag in die land ongrondwetlik te laat verklaar, berig Netwerk 24. Nersa se tariefverhogings sal ook in die hof uitgedaag word. Helen Zille, hoof van die DA se federale raad het buite die hof gesê die regsaksie gaan nie om beurtkrag te stop nie want die kragnetwerk sal in duie stort. Die DA glo wel die regering kan nie die kragkrisis oplos nie. Die DA vra die hof om te sê die regering versuim om mense se regte te eerbiedig en dat die regering verantwoordelik is vir die kragkrisis. Die DA wil ook ‘n onafhanklike spesiale meester laat aanstel wat toesig sal hou oor die regering se plan met beurtkrag. Die saak duur vandag voort. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×