Gerugte oor die gesondheid van die 72-jarige Russiese leier, Vladimir Putin, het weer opgeduik nadat sy opmerkings tydens ’n regstreekse TV-uitsending op sosiale media versprei het.

Die Iendiese nuusgroep Wion berig dat Putin terloops genoem het dat hy gereelde ondersoeke by ‘n hospitaal in Moskou ondergaan.

Sy opmerking het egter spekulasie op sosiale media ontlok, waar mense vrae oor sy welstand gevra het.

Die Kremlin-woordvoerder, Dmitri Peskov, het verduidelik dat Putin slegs na roetine mediese ondersoeke verwys het en dat daar geen ernstige siekte is nie.

Putin se gesondheid bly steeds ‘n onderwerp van spekulasie, veral in die Oekraïense en Westerse media.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×