Swaar reën van bykans 100 mm in een uur het dele van die suidelike Krugerwildtuin onbegaanbaar gelaat. Verskeie paaie is gesluit.

Volgens ‘n woordvoerder van SANParke, Ike Phaala, is die Biyamiti- en Balulebosveldkampe tans ontoeganklik. Maroela Media berig Phaala het gaste vra om nie kanse te waag nie, aangesien dit uiters gevaarlik is om nou oor laagwaterbrûe te ry. Hy voeg by dat hul veldwagterspanne, gaste deur ʼn alternatiewe roete ná die sluiting van die De Laporte-brug lei.

Verder werk  tegniese spanne werk saam met veldwagters om die omvang van die skade te bepaal en moontlike oplossings te vind. Met meer reën wat in die komende week voorspel word, waarsku hulle besoekers om nie kanse te waag nie.

Hy benadruk dat alle toegangshekke na die Krugerwildtuin wel oop is, maar dat toeriste by kampbestuur en ontvangs moet seker maak oor die toestand van paaie voordat hulle vertrek.

error: Inhoud is beskerm !!