Die kwartaallikse tendertoekenningsverslag wat gister voor die Mangaung-metroraad gedien het, wys daarop dat die metro se geld skynbaar op alles behalwe dit wat nodig is, bestee word.

Maroela Media berig voorts die uitvoerende burgemeester, Mxolisi Siyonzana, het in Augustus ʼn bewusmakingsprogram oor geslagsgebaseerde geweld gehou waaraan meer as R300 000 bestee is, maar die helfte hiervan is aan spyseniering alleen bestee.

ʼn Kontrak vir sekerheidsdienste is ook toegeken, terwyl opgeleide metropolisiebeamptes teen volle betaling by die huis sit weens ʼn gebrek aan voertuie.

Volgens Mare-Lize Thompson, VF Plus-raadslid, was daar ook die lewering van uniforms vir personeel van die lank reeds geslote dieretuin en ʼn toekenning van R89 000 vir die begrafnis van ʼn munisipale amptenaar in Upington.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×