Die jaar is behoorlik op ‘n drafstap, met die eerste maand van 2023 reeds op sy rug.
‘n Vinnige blik op die Suid-Afrikaanse geskiedenis wys dat 31 Januarie ‘n dag is waarop talle merkwaardige gebeure in die land plaasgevind het.
Op hierdie dag in 1964 word die Universiteit van Port Elizabeth gestig en dit is ook die dag waarop die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad sy deure in 1938 open.
Nog Suid-Afrikaanse gebeure wat op 31 Januarie plaasgevind het sluit die volgende in:
● Die Groote Kerk in Adderleystraat in Kaapstad, word in 1843 in gebruik geneem
● En die Caledonrivier kry sy naam in 1809. Luitenant-kolonel Richard Collins het ‘n sterk vloeiende stroom ontdek en het dit na die destydse goewerneur van die Kaap, die 2de graaf van Caledon, vernoem