Die laaste twee van Centlec se raadslede het ook bedank, wat beteken die Mangaung-metro kan nou ‘n nuwe raad vir dié elektrisiteitsverskaffer aanstel.

Volksblad berig voorts die Mangaung-raad vra ook ‘n forensiese ondersoek na Centlec.

Hierdie inligting is Maandag ten tyde van ‘n raadsvergadering bekend gemaak, waartydens daar besluit is dat Paul Maseko, voormalige kabinetsverteenwoordiger van die ingrypingspan by die metro, die Centlec-raad se administrateur sal word.

Hy sal die werwingsproses van nuwe raadslede bestuur.

Een van die redes waarom ‘n ondersoek na Centlec aangevra is, is die feit dat daar kommer bestaan oor sy kwynende inkomste.

Die verwagting is dat ‘n nuwe raad vir Centlec teen op die laatste in Desember weer aangestel moet wees.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×