President Ramaphosa het gisteraand dele van die Lady R-verslag bekendgemaak en gesê die paneel kon geen bewyse vind dat enige wapens op die Lady R-vragskip gelaai is vir uitvoer-doeleindes nie. Die Lady R het wel toerusting afgelaai wat in 2018 deur Krygkor bestel is. Die DA woordvoerder oor militêre aangeleenthede, Kobus Marais, glo ook daar is nie wapens opgelaai nie, maar wel komponente wat onder meer in missiele gebruik kan word, luidens Netwerk 24. Iets is opgelaai en dit was nie appels en pere nie. Die leier van die VF Plus, Pieter Groenewald, het gesê daar is steeds ‘n slang in die gras want hoekom het die skip Simonstad in die nag aangedoen. Prof Theo Venter, politieke ontleder het gesê van die onbeantwoorde vrae is hoekom die Lady R se opsporingstelsel afgeskakel was. Prof Theo Neethling, politieke kenner van die Universiteit Vrystaat het gesê vrae moet ook aan Amerika gevra word want die Amerikaanse ambassadeur, Reuben Brigety, moes sy beweringe op inligting van hul inligtingsdienste gegrond het.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×