Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se monetêre-beleidskomitee het vandeesweek sy laaste sitting van die jaar.
Die land hou sy kollektiewe asem op vir Donderdag se aankondiging oor die rentekoersvasstelling.
Met sy vorige twee sittings, het die komitee Suid-Afrika se repokoers, onveranderd op 8,25% gehou.
Ekonome by die Buro vir Ekonomiese Navorsing voorsien ‘n sterk moontlikheid dat dit Donderdag weer die geval sal wees.