Die land kan ‘n herhaling van die Julie 2021-onrus in die gesig staar as beurtkrag en werkloosheid nie hanteer word nie. Dit is volgens die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Spesiale Risikoversekeringsvereniging, of Sasria, Mpumi Tyikwe. Tyikwe is nie die eerste persoon wat oor ’n moontlike opstand gewaarsku het nie. Arbeidsekonoom Andrew Levy het ook gewaarsku dat hierdie kwessies toon dat Suid-Afrika hoog op die skaal van maatskaplike ontevredenheid registreer. Tyikwe het aan SABC News gesê meer as R30 biljoen se eise is reeds na die onluste uitgebetaal. Dertig-duisend werkers het hulle werk verloor nadat besighede en nywerhede in die onlus-gebiede gesluit is. Meer as 350 mense is dood tydens die geweldadige opstande waartydens grootskaalse plundering van winkels en store plaasgevind het. ‘n Dokumentêre program, The Unrest, is die afgelope week oor 2021 se onluste bekendgestel. Die dokumentêr kan op Sasria se website gekyk word. 

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×