Die eerste geval van a-pokke onder skoliere is by ‘n graad 1-leerling in Hammanskraal, Noord van Pretoria, aangemeld. Volgens haar ouers het sy vroeër die week jeukende sere ontwikkel, en is toe na die hospitaal geneem waar sy met a-pokke gediagnoseer is.

Luidens Steve Mabona, woordvoerder vir onderwys in Gauteng, is hulle besig om die nodige voorsorgmaatreels in plek te kry om verdere verspreiding te voorkom.

LEES MEER: A-pokke-gevalle neem toe

Hy herinner ook dat die infeksie viraal deur direkte kontak met ‘n geinfekteerde person versprei, en dat die risiko vir die skoliere laag is. Hy doen wel ‘n beroep dat die kinders goeie hygiene moet toepas en liefs individue wat siek is vermy.

1 Comment

Comments are closed.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×