Die land se grootste musiekbeurs-kompetisie, wat die afgelope drie jaar net vir Vrystaters beskore was, wag nou aansoeke van reg oor Suid-Afrika in.

Charl du Plessis, oud-Bloemfonteiner, en een van die wêreld se voortse klavier-virtuose, is lid van die Human/Naudé-kompetise se uitvoerende komitee.

Dié kompetisie staan jaarliks beursgeld van R100 000, as prys aan die wenner toe.

Du Plessis het gesê die besluit gee aan meer musici die geleentheid om mee te ding om die gesogte titel en die ruim studiebeurs.

Kandidate moet tussen 16 en 26 jaar oud wees en kan sangers wees, of iemand wat ‘n musiekinstrument bespeel.

Die finaliste tree op 5 Desember in die Odeion-ouditorium op die UV-kampus in Bloemfontein op, wanneer die wenner ook aangewys sal word.

error: Inhoud is beskerm !!
×

Rosestad, Waar jy wil wees, trots in Afrikaans

×