Die land se kerkgangers moet Sondag bid vir wysheid oor politieke besluite, en ook vir voortgesette vrede in Suid-Afrika. Netwerk24 berig die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) se beroep vir vandag se spesiale biddag, kom te midde gesprekvoering oor die moontlikheid van ‘n regering van nasionale eenheid.
Volgens die SARK heers daar steeds ‘n mate van spanning ná afloop van die verkiesing. Kragtens die Grondwet moet die nuwe president aangewys word, binne 14 dae nadat verkiesingsuitslae bekend gemaak is.