‘n Boodskap op sosiale media wat nou die ronde doen, vra dat álle Suid-Afrikaners op 9 Februarie aan ‘n nasionale staking deel moet neem uit protes teen die kragkrisis.
Dit wil voorkom asof dit die derde probeerslag vir ‘n landwye massastaking is en president Cyril Ramaphosa se kop word skynbaar ook geëis.
Geen vakbond of politieke party het egter nog na vore gekom om pa vir die dreigende staking te staan nie.
Regstappe word nou teen Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter en die minister van openbare ondernemings, Pravin Gorhan, beplan.
‘n Brief hieroor is skynbaar reeds aan dié twee gestuur.
Die uiteenlopendheid van die skrywers, dui daarop dat die kragkrisis mense saam snoer in ‘n poging om beurtkrag stop te sit.
Die brief is uitgestuur namens onder andere Bantu Holomisa, leier van die UDM, Mmusi Maimane, leier van Build One South Africa, die Inkatha Vryheidsparty, die nasionale metaalwerkersvakbond, of Numsa, en die politieke ontleder Lukhona Mnguni.