Die goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê die land staar steeds inflasiebedreigings in die gesig. Kganyago het egter erken dat inflasie die afgelope paar maande aansienlik afgeneem het. Bloomberg berig Kganyago sê daar is steeds risiko’s wat gemonitor moet word. Hy het gewaarsku dat een van hierdie risiko’s die wisselkoers van die plaaslike geldeenheid teenoor buitelandse geldeenhede is. Die rand het vanjaar nege persent teenoor die Amerikaanse dollar verloor.
