Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, het haar aanbevelings oor die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (die Bela-wet) aan president Cyril Ramaphosa vir oorweging gestuur.
Dit is onduidelik wat die aanbevelings sê aangesien dit vertroulik bly totdat die president dit oorweeg.
Die president moet môre sê of hy die twee klousules in die wet, wat hy vir konsultasie terugverwys het, gaan implementeer of nie.
Daar word gehoop dat die minister die aanbevelings van die onlangse Nedlac-ooreenkoms tussen haar departement, die presidensie en die Solidariteitbeweging in ag geneem het.